Tuesday, December 10, 2013

LowCarb eKursus STEL BEKEND...

DIE EERSTE LOWCARB eKURSUS IN SUID-AFRIKA !!!

Doen ‘n vinnige soektog na "LowCarb" op Google en binne 0.44 sekondes gooi hy vir jou 13 miljoen resultate uit! Daar is ‘n oorweldigende hoeveelheid inligting oor die LowCarbDieet beskikbaar – maar die vraag is: Wat is nuttige inligting en wat is nie?

Wat is LowCarb?
Waar op dees aarde begin ek?
Wat kan ek eet en wat kan ek nie eet nie?
Hoe vinnig kan ek gewig verloor?
Kan ek ‘n LowCarb dieet bekostig?

Dit is alles vrae wat jy jouself kan afvra terwyl jy na die 13 miljoen resultate op jou rekenaarskerm staar.

Die goeie nuus is dat ek klaar die harde werk vir jou gedoen het en daarom stel ek met trots bekend die eerste e-Kursus van sy soort in Suid-Afrika.  Hierdie materiaal is nie van die internet ge-cut & paste nie! Die kursusmateriaal het kopiereg op en jy sal dit nêrens anders raaklees nie.

Hierdie e-Kursus is ook nie net vir LowCarb beginners nie – selfs mense wat suksesvol op die Dieet is kan baat vind by die resepte, raad en advies, oorlewingsmeganismes en maaltydplanne.

Hoe werk die e-Kursus?
Die e-Kursus duur 12 weke.
Dit is ‘n e-Kursus wat beteken dat jy elke week ‘n email ontvang met daardie week se kursusmateriaal.
Daar sal tussendeur ook addisionele inligting aan jou beskikbaar gestel word.

Hier volg ‘n uiteensetting van wat die e-Kursus alles dek.
(Let wel dat die kursusinhoud wel bietjie mag rondskuif, maar die basiese inhoud sal dieselfde bly.)

Week 1
Begin by die Begin # 1
Voordat jy met ‘n LowCarb Dieet kan begin, moet jy eers weet waaroor dit gaan.
-          Wat presies is LowCarb?
-          Die beste ding van ‘n LowCarb Dieet
-          Sal ‘n LowCarb Dieet vir my werk?
-          Is ‘n LowCarb leefstyl vervelig?
-          Hoe veilig is ‘n LowCarb Dieet?
-          Die finansiële implikasies van Lowcarb
-          Hoe om jou LowCarb Motivering te behou

Week 2
Alles oor Carbs, Proteiene en Vette
n Inleiding tot hierdie belangrike voedingstowwe
-          Wat is Carbs?
-          Wat is Proteiene
-          Wat is Vette?
-          Hoekom het ek hulle in my dieet nodig?
-          Hoeveel daarvan het ek in my dieet nodig?

Week 3
Die LowCarb Dieet # 1
Alles oor ‘n LowCarb Dieet en nog wat
-          Voordat jy ‘n LowCarb Dieet begin
-          Hoe presies werk dit?
-          Wat kan ek eet?
-          Wat kan ek nie eet nie?
-          Hoe werk die Carb Threshold?
-          Wat jy nodig het om te begin

Week 4
Die LowCarb Dieet  # 2
Addisionele inligting oor ‘n LowCarb Dieet
-          Wat dan van kilojoules/kalorieë?
-          Die belangrikheid van water
-          Wat van Kunsmatige Versoeters
-          Die Top 15 foute wat LowCarbers maak
-          Wat van eetlusdempers?
-          Die Proteienskommel – Vriend of Vyand?

Week 5
Die Gewildste LowCarb Diëte
Hier vertel ek jou hoe die verskillende diëte werk
-          Atkins
-          Hoë Proteiene Dieet
-          Ketose Dieet
-          Paleo
-          South Beach
-          … nog vele meer
-          Asook alles wat jy moet weet oor die sogenaamde Fat Fast

Week 6
Kom Ons Spring Weg # 1
Reg om te begin? Maak seker jy lees eers hier!
-          Wat kan jy verwag van die eerste week?
-          Alles Oor Mates en Maatbande
-          Watter aanvullings moet ek neem?
-          Medikasie en jou LowCarb Dieet
-          Só oorleef jy die eerste week

Week 7
Kom Ons Spring Weg # 2
-          Jou LowCarb inkopielys
-          Die korrekte manier om ‘n etiket (label) te lees
-          10 Wenke om jou belustinge onder beheer te kry
-          Maaltydplan vir ‘n week
-          Resepte wat jy moet hê
-          Alles wat jy moet weet oor KETOSE

Week 8
Die LowCarb Kombuis # 1
Nou wat jy weet wat jy kan eet – wat kan jy daarmee maak?
-          Die geheim tot suksesvolle maaltydbeplanning
-          Die maklike manier van maaltydbeplanning
-          Hoe werk ek uit hoeveel koolhidrate my gunsteling resep bevat?
-          Bakmengsels en meel-vervangings
-          LowCarb op ‘n streng begroting

Week 9
Die LowCarb Kombuis # 2
Die beste LowCarb Resepte
-          15 Beste Vleisresepte
-          15 Beste Slaai- en Groenteresepte
-          15 Beste Drankies (met of sonder skop)
-          15 Beste Vis- en Seekosresepte
-          15 Beste Snacs of Voorgeregte
-          15 Beste Nageregte
-          15 Beste Brood, Muffins, Wafels, Pannekoek & Plaatkoekies
-          15 Beste Koek en Tert

Week 10
Probleme langs die Pad
Geen dieet is sonder struikelblokke nie. Hier leer jy hoe om op te staan en verder te gaan.
-          Yo-yo jy op jou LowCarb Dieet?
-          Ek mis brood te veel!
-          Ek mis aartappels te veel!
-          Moenie dat jou kroek in ‘n binge verander nie
-          Die gevreesde plato

Week 11
LowCarb Lewensstyl
n Nuwe lewenstyl beteken nuwe aanpassings in ou omstandighede.
-          Wat van uiteet?
-          LowCarb funksies – wat van verjaarsdae, werksfunksies, onthale en Saterdagaand se braai?
-          LowCarb Kersfees*
-          LowCarb Nuwejaar*
*  Omdat Kersfees en Nuwejaar om die draai is, sal hierdie modules vroeer in die kursus reeds beskikbaar gestel word.

Week 12
Die Lewe Na Dieet
En so kom alles op ‘n einde…
-          Ek het my doelgerig bereik –wat nou?
-          Die beste LowCarb hulpbronne op die Internet

MAAR DIS NIE AL NIE !

Wanneer jy vir die e-Kursus inskryf, onvang jy ook die volgende voordele:
-          Jy word outomaties by die splinternuwe LowCarb Klub ingeskryf :
o       Maandelikse nuusbrief
o       Maandelikse resepteblad
o       Nuwe nuus en neigings
o       Toegang tot die LowCarb Klub blog en eksklusiewe Facebook-blad!
o       En enige iets LowCarb wat ek dink julle mag kielie!
-          Jy kry ook ‘n daaglikse inspirerende boodskap (BBM, Whatsapp, SMS of email) terwyl jy op die e-Kursus is.
-          Jy ontvang 1x per week ‘n addisionele resepteblad – dis 12 nuwe resepteblaaie deur die loop van die e-Kursus!
-          Jy ontvang 1x per week’n addisionele spyskaart met idees vir ontbyt, middagete, versnaperinge en aandete – dis 12 nuwe spyskaarte wat jy kan mix & match wanneer jy die dieet begin volg!
-          Eerste opsie vir inskrywing by die baie gewilde HDP Challenge* wanneer jy gereed is om die verandering te maak en jou oortollige gewig te verloor.
-          Jy word geregistreer op my ekslusiewe LowCarb BBM en/of Whatsapp groep, wat beteken dat ek persoonlik beskikbaar is om jou vrae te antwoord.
*Challenges sal weer in 2014 begin


Dit mag dalk na baie klink, maar…
… dis minder as wat jou gemiddelde LowCarb boek in die boekwinkel kos!
… jy gaan heel moontlik meer as dit spandeer op internet data om al hierdie inligting bymekaar te kry!
…. ek het al die werk reeds vir jou gedoen – jy sit net terug en ontvang alles wat nodig het om ‘n LowCarb leefstyl te volg en meer!

*** Aangesien dit ‘n e-Kursus is, is dit noodsaaklik dat jy toegang tot ‘n rekenaar en/of smartphone het, asook PDF en Word-dokumente kan oopmaak.

Indien jy belangstel in die e-Kursus, stuur n email na Lowcarbcourse@gmail.com en ek stuur vir jou al die relevante inligting aan.